Ons leuse, “Glo in jouself”, vorm die hart van alles wat ons doen. Ons glo dat elke kind unieke talente en potensiaal het, en ons streef daarna om ’n veilige, ondersteunende en inspirerende omgewing te skep waar leerders selfvertroue ontwikkel en hul drome kan nastreef. By Laerskool Meiringspark fokus ons op die holistiese ontwikkeling van elke leerder – akademies, sosiaal, emosioneel en fisies. Met toegewyde opvoeders, kwaliteit onderrig en ’n verskeidenheid kulturele en sportaktiwiteite, berei ons ons leerders voor om verantwoordelike, gebalanseerde en selfstandige individue te word. Ons waardeer ’n sterk vennootskap tussen die skool en ouers, en glo dat samewerking die sleutel tot sukses is. Saam bou ons aan ’n positiewe skoolkultuur waar respek, integriteit en uitnemendheid sentraal staan. Daarom wwet ons dat Laerskool Meiringspark `n ryke tradisie en pragtige geskiedenis het, maar on sook met die hulp vna ons Hemelse Vader `n pragtige toekoms vir ons skool en gemeenskap uitleef.
EENMAAL ‘N PARKIE, ALTYD ‘N PARKIE!
Laerskool Meiringspark groete!
Me. Susan Dreyer
Klik op die onderstaande knoppie om ons Prospektus te lees.
Wil u jou kind of kinders inskryf? Klik op die onderstaande knoppie.
Klik op die onderstaande knoppie om u kind/kinders by nasorg in te skryf.
Klik op die onderstaande knoppie om ons personeellys te sien.
Opbou en uitbou van hoogstaande opvoeding op akademiese-, sport-, en kultuurgebied, gebalanseerd vir die toekoms.
Die verskaffing van voortreflike en relevante onderrig met Afrikaans as onderrigmedium, in samewerking met ‘n betrokke ouergemeenskap, binne ‘n Christelike karakter om gebalanseerde, gelukkige leerders se talente op alle gebiede
te ontwikkel en uit te bou.
Ons glo dat ‘n puik grondslag in Graad RRR, RR, R en 1 gelê word en ons in elke graad daarna op die grondslag voortbou. ‘n Laerskool se grootste taak of doelwit is juis om elke leerder voor te berei vir die akademiese uitdagings van die hoërskool.